Die soektog na ’n nuwe inspekteur-generaal vir intelligensie, wat aan hoof van die land se spioenasiedienste moet staan, is weer aan die gang.
Nuwe advertensies is geplaas vir dié toppos wat al die afgelope 18 maande vakant is nadat Faith Radebe se termyn verstryk het.
Dit is minstens die derde keer dat dié pos geadverteer word.