Die name van die getuies wat na verwagting Maandag voor die regterlike kommissie van ondersoek na staatskaping sal getuig, is bekend gemaak.
Eerw. Mbuyiselo Stemela, woordvoerder vir die kommissie, het in ’n verklaring gesê Ndleleni Willie Mathebula, Mcebisi Jonas, Mabel Petronella Mentor, Themba Maseko en Phumla Williams sal na verwagting geroep word om te getuig in die ondersoek wat Maandag in Parktown, Johannesburg, begin.
“Die regspan is besig om nog getuies te identifiseer en of te konsulteer,” het Stemela gesê.