Mense kom uit vrees nie na vore met inligting oor die Guptas se onbehoorlike invloed op die regering nie, het Themba Maseko, die voormalige hoof van die regering se kommunikasie-en-inligtingstelsel (GCIS), Woensdag getuig.
Maseko het in Johannesburg getuig voor die kommissie wat staatskaping ondersoek, onder leiding van adj.hoofregter Raymond Zondo.
Maseko het na ’n brief verwys wat in 2016 deur ’n groep van 27 gewese direkteurs-generaal onderteken is waarin ’n openbare verhoor versoek is om staatskaping te ondersoek.