As daar nou een moordsaak is wat my met intense woede en magteloosheid gevul het, en nog steeds doen, is dit die ontvoering en verkragting van, asook moord op Hannah Cornelius.
Om daarmee voort te gaan in die aangesig van haar vrees, en haar liggaam uit die motor te slinger asof sy ’n stuk vuilgoed was, getuig hoe wreed diegene was wat daarvoor verantwoordelik was en hoe min respek hulle vir dié pragtige jong vrou en haar familie gehad het. Selfs die doodstraf sou myns insiens te genadig vir dié wreedaards wees. Die bitter ironie is dat as hulle aan moord skuldig bevind word, kan hulle net 25 jaar tronkstraf opgelê word, en dít met paroolvoorwaardes.
Ek sien dikwels op TV dat “eerstegraad-moordenaars” in die VSA lewenslank (sonder parool) tronk toe gestuur word. In sommige state geld die doodstraf nog boonop. ’n Land waar die lewens en veiligheid van sy inwoners dus nog hoog geag word.