Streng maatreëls sal voortaan by troues en begrafnisse in Gauteng geld in ’n poging om die verdere verspreiding van Covid-19 in dié provinsie te bekamp.
David Makhura, premier van Gauteng en lede van die provinsiale regering het Woensdag die maatreëls wat munisipaliteite in hierdie verband moet volg, op ’n nuuskonferensie in Midrand uitgestippel.
Daar was teen Maandagmiddag reeds 116 bevestigde gevalle van Covid-19 in Suid-Afrika.