Swys de Bruin kyk met entoesiasme vorentoe en is oorgehaal om sy taak as hoofafrigter van die Leeus se rugbyspan van Maandag af voort te sit.
De Bruin het Vrydag openhartig gesels oor die donker tydperk waardeur hy is en wat hom oor die afgrond gestoot het sodat hy enkele weke gelede sy rug op alles gedraai het en uit Nieu-Seeland teruggekeer het na Suid-Afrika.
“Ek kyk nou net vorentoe en wat met my gebeur het, is alles water onder deur die brug,” het De Bruin gesê nadat hy ’n ent gaan stap het om vars lug in te asem en ook weer sy kop skoon te kry.