Sy het ’n paar skote op die twee inbrekers by haar motorhuis afgevuur en geskreeu hulle moet die pad vat.
“Die een het geluister en gehardloop. Die ander een het losgetrek op my met sy vuurwapen en ek het besef hier is moeilikheid. Ek het kamer toe gehardloop om te gaan herlaai. Toe trek hy los soos ’n mal haas,” vertel Christine*.
Sy is 61, maar sy lyk vandag baie ouer as haar jare.