Die weiering van verlof tot appèl vir die Coligny-twee is verregaande, skryf Gabriel Crouse.
Die hooggeregshof in Mmabatho in Noordwes het nog ’n verregaande beslissing gelewer.
Verlede jaar het regter Ronnie Hendricks vir Pieter Doorewaard en Phillip Schutte skuldig bevind aan die dood van Matlhomola Moshoeu (deur hom van ’n bakkie af te gooi vir die steel van sonneblomme). Nou is hul appèl teen dié uitspraak geweier.