Die Ahmed Timol-moordsaak is Donderdag tot 28 Junie uitgestel omdat die hof nog nie besluit het of hy die vervolging van die voormalige veiligheidspolisielid João Rodrigues gaan staak nie.
Die 80-jarige Rodrigues, geklee in sy gebruiklike kakiekleurige baadjie, wit hemp, das en grys broek, het voor die hofverrigtinge uitdrukkingloos op een van die banke gesit.
Volgens Shubnum Singh, staatsaanklaer, moet die hof nog uitspraak rakende Rodrigues lewer.