Die saak teen die voormalige veiligheidspolisieman Joao Rodrigues is Maandag uitgestel omdat sy regsverteenwoordiger ’n aansoek om die permanente opskorting van vervolging wil bring.
Rodrigues staan tereg vir sy beweerde betrokkenheid by die moord op die apartheidsaktivis Ahmed Timol in 1971.
Jaap Cilliers SC, wat Rodrigues verteenwoordig, het aangedui dat hy ’n aansoek om die opskorting van vervolging wil bring.