Timol: ‘Vervolging is gekeer’

Joao Rodrigues Foto: Felix Dlangamandla
Joao Rodrigues Foto: Felix Dlangamandla

Die bejaarde oudpolisieman wat aangekla word van die moord op die aktivis Ahmed Timol, sê hy is ’n slagoffer van ’n ANC-regering wat nie kan besluit of hulle apartheidsmisdade wil vervolg of nie.

Joao Rodrigues (80) voer in hofstukke aan die bewering dat oudpres. Thabo Mbeki destyds ’n stokkie gesteek het voor die vervolging van lede van die ou regime benadeel sy reg tot ’n regverdige verhoor.

Rodrigues, wat ’n administratiewe beampte by die veiligheidspolisie was, was glo die laaste mens wat die 29-jarige Timol lewend gesien het toe hy in Oktober 1971 in polisieaanhouding dood is. In ’n heropende geregtelike ondersoek in 2017 is bevind Timol is vermoor. Rodrigues se aansoek dat sy vervolging gestaak word, word einde Maart in die hooggeregshof in Johannesburg aangehoor. Die Waarheids-en-versoeningskommissie het in sy finale verslag in 2003 by Mbeki aanbeveel dat sowat 300 mense vervolg word wat nie amnestie gekry of daarvoor aansoek gedoen het nie (soos Rodrigues).

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Rand - Dollar
15.57
+1.0%
Rand - Pond
19.66
+0.2%
Rand - Euro
16.71
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.15
+0.1%
Rand - Jen
0.12
+0.2%
Goud
1,853.66
0.0%
Silwer
22.12
0.0%
Palladium
2,076.50
0.0%
Platinum
956.50
0.0%
Brent-ruolie
119.43
+1.7%
Top-40
63,883
+1.4%
Alle aandele
70,486
+1.4%
Hulpbronne 10
76,948
+0.6%
Industriële 25
76,115
+1.3%
Finansiële 15
16,257
+2.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos