Die polisie het ’n yslike krisis op hande met beamptes wat onbevoeg is om vuurwapens te dra.
In Gauteng het 8 731 uit 21 206 beamptes (41%) wat getoets is hul jaarlikse skiettoets gedruip. Die syfer is bekend gemaak toe die polisie in Gauteng sy bedryfsplan vir 2019-’20 voorgelê het.
Die nasionale druipsyfer en dié van provinsies is reeds deur die VF Plus van Bheki Cele, minister van polisie, aangevra.