Die Mededingingstribunaal het Vrydag die Amerikaanse voedselreus PepsiCo se oorname van Pioneer Foods met voorwaardes goedgekeur.
Die transaksie word beskou as een van die grootste verkrygings wat PepsiCo tot dusver buite Amerika gedoen het.
Dit is ook die eerste groot transaksie waarin die bevordering van ’n groter verspreiding van eienaarskap in ondernemings deur veral werkers en voorheen benadeelde mense ’n sentrale kwessie was, het die tribunaal in ’n verklaring gesê.