Die prys van wild met interessante kleurvariasies kan nóg verder daal, sê kenners.
Veral die prys van swart rooibok, wat een van die eerste kleurvariante was wat sowat tien jaar gelede die mark betree het, laat mense praat.
Verlede jaar was die gemiddelde prys vir ’n swart rooibok R702 931. In April en Mei vanjaar is dié bokke egter verkoop vir tussen R60 000 en R90 000 elk, volgens statistieke van Vleissentraal, wat veilings hanteer.