ie vierde Festival voor het Afrikaans word op 22 en 23 September in Amsterdam, Nederland, aangebied.
Die fees het ten doel om die kuns en kultuur van Afrikaans bekend te stel aan mense van Nederland en België en kreatiewe wisselwerking aan te moedig. Musiek, toneel, die rolprentkuns en letterkunde staan gewoonlik sterk op die tweedaagse fees.
Optredes van onder meer die sangers Laurika Rauch, Gert Vlok Nel, Sandra Prinsloo, die digter Antjie Krog, die musiekprojek Die Wasgoedlyn en Zelda la Grange, wat vir twee dekades die assistent van oudpres. Nelson Mandela was, maak deel uit van vanjaar se program.