“Weet jong, Afrikaanse kinders van Johannes Kerkorrel?” vra Wynand Myburgh van Van Coke Kartel met ’n frons en oë op skrefies getrek voordat hy besluit dit maak nie saak nie.
Van Coke Kartel – Myburgh, Francois van Coke, Jedd Kossew en Dylan Hunt – het Maandag sy nuwe musiekvideo in ’n motorhuis in die noordelike voorstede van Kaapstad geskiet.
Op hul gelyknamige kortspeler wat onlangs uitgereik is, speel hulle herverwerkings van ’n klomp liedjies en daaronder tel Kerkorrel (Ralph Rabie) se Energie.