’n Uitstekende versameling antieke en stylmeubels, insluitende ’n verskeidenheid versamelaarsartikels, word op 27 April deur Bernardi Auctioneers opgeveil.
Dié veiling wat om 10:30 op die perseel te Elevation-laan 320, Randjesfontein in Midrand, gehou word, sal elke sak pas.
Van die interessante artikels wat onder die hamer gebring gaan word, sluit in ’n koper-patryspoort van ’n stoomskip, ’n Eduardiaanse telefoonhokkie, ou tikmasjiene, muurhorlosies en ’n Black Forest-barometer.