Die Change a Life-liefdadigheidsorganisasie het reeds duisende mense se lewens gehelp verander, maar sy het nooit gedink dit sou haar ook op so ’n diep vlak aanraak nie, skryf Terésa Coetzee.
Die luggie is maar dun daar in Sabie toe ons Vrydagoggend met ons bergfietse voor die statige klipgebou van Mbula Estate regmaak om te begin ry. Jou longe protesteer reeds met die eerste bultjie uit.
“Lugdruk”, is almal se verskoning en ek hoop heimlik hulle is reg, want skielik twyfel ek aan my fiksheid.