Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) is nie gereed om ’n vry en regverdige verkiesing te hou nie.
Dit is feitlik onmoontlik om die munisipale verkiesing nou uit te stel omdat dit kragtens die Grondwet op die laatste teen 16 Augustus moet plaasvind, sê prof. André Duvenhage, politieke ontleder aan die Noordwes-Universiteit (NWU).
Duvenhage sê die druk is boonop groot dat die verkiesing voortgaan omdat dit in die huidige politieke “kookpot” noodsaaklik is vir pres. Jacob Zuma se oorlewing.