Sosialisme is iets wat eintlik net op kampusse floreer skryf Ivo Vegter.
Verlede Sondag het Johan Fourie, medeprofessor in ekonomie aan die Universiteit Stellenbosch, ’n veelseggende rubriek in Sake-Rapport geskryf nadat hy met ’n groep joernalistiekstudente gaan praat het oor kapitalisme. Die meeste studente het gesê dat kapitalisme mense uitbuit, hulle verarm, en hul vryhede wegvat.
Fourie se doktorsgraad is in ekonomiese geskiedenis, so, hy het geweet waarvan hy praat toe hy uitgewys het dat die wêreldwye toename in welvaart die afgelope 200 jaar grootliks toegeskryf kan word aan private eiendomsreg, demokrasie, persvryheid en die vrye mark. Terwyl 44% van die wêreldbevolking 40 jaar gelede nog in ekstreme armoede vasgevang was, is dit nou 10%. Dis omdat daar deesdae meer ekonomiese vryhede is.