Daar is ’n groot moontlikheid dat die vermiste Recolin Witbooi (8) van Barcelona, Port Elizabeth, ontvoer is, en dat sy verdwyning verband hou met ’n netwerk van misdadigers in die stad wat jong kinders vir die seksbedryf werf of ontvoer.
Recolin, wat Saterdag sy negende verjaardag vier, het 26 dae gelede in die omgewing van sy ouerhuis spoorloos verdwyn.
Hy en twee maats het op 6 Julie glo by ’n dam in Grootkloof, soos die gemeenskap daarna verwys, vis gaan vang. Die maatjies beweer hulle het Recolin daar gelos toe hulle huis toe is.