Bertus Basson, supersjef van een van die beste restaurante in die land, asook twee ander in die wynlande, weet beslis hoe om met kos te beïndruk.
Op Bertus vier fees, Via (DStv-kanaal 147) se uur lange feesbonanza, sal hy jou wys hoe jy op ’n eg Suid-Afrikaanse én byderwetse manier dié feestyd kan vier.
Sou jy alle huiskokke aanraai om plaaslike bestanddele te koop?