Die Chalmar Beef-voerkraal in Bapsfontein aan die Oos-Rand moet aan ’n beesboer van Tweespruit in die Vrystaat R647 374 betaal nadat albei deur ’n veeaankoper in ’n beestransaksie verkul is, is in die hooggeregshof in Bloemfontein beveel.
Manni Oelrich, bekende jagter en veeaankoper van Tweespruit, was oneerlik toe hy aan Chalmar voorgegee het dat 79 kalwers wat aan die voerkraal gelewer is, van Oelrich se maatskappy, Morabe Trading, afkomstig was, het waarnemende regterpresident Cagney Musi in sy uitspraak gesê.
Dit was inderwaarheid Neels Bothma, ’n boer van Tweespruit, se beeste.