Dis ’n getoutrek van kant tot kant en ’n geskrum dat die byle huil. Maar in die dubbelkajuitstryd is Volkswagen se nuwe 3.0-liter-V6-TDI genaamd Amarok baas. Egmont Sippel skryf.
Toe ek nog so ’n kannetjie was . . .
Toe gaan kyk ek eendag hoe die manne mins-miet van die miere sou maak. Soete wraak, op ’n manier, vir die Anglo-Boereoorloë. Daarvan was almal in die paviljoen absoluut oortuig, veral toe die spanne klaar aangetree het: agt uitgevrete Goliats in kakieklere op een punt van die tou, agt bleeksiel-groentruie aan’t ander, elk so maer en uitgeteer soos destyds se hongerstaker Bobby Sands in sy laaste dae.