Die Wes-Kaapse departement van landbou het in Maart vanjaar 160 geselekteerde broeivolstruise op sy 15de produksieveiling op die Oudtshoorn-navorsingplaas van die hand gesit.
Die veiling is in samewerking met Klein Karoo Veilings & Veebemarking aangebied.
Die volstruise is teen ’n gemiddelde prys van ongeveer R5 500 opgeveil – aansienlik hoër as die hoogste prys van R4 100 wat verlede jaar op die veiling behaal is.