Voorafbetaalde meters is die antwoord vir al Suid-Afrika se elektrisiteitsprobleme, meen Brian Molefe, uitvoerende groephoof van Eskom.
Daarom moet die parlement dit oorweeg om wetgewing daar te stel om dit die standaard landwyd te maak.
Volgens Molefe sal dit probleme soos enorme munisipale skuld vir elektrisiteit, sowel as onwettige elektrisiteitsverbindings stopsit.