Die jongste aktekantoor-data toon dat 35 088 verbande van Januarie tot Maart vanjaar geregistreer is, met ’n gemiddelde verbandbedrag wat op sowat R1 027 000 te staan kom.
Dit is interessant om te merk dat 45 552 verbande in dié tydperk gekanselleer is.
Adrian Goslett, streek- en hoofbestuurder van Re/Max van Suider-Afrika, sê dat 29 654 vrystaande huise landwyd sedert die begin van 2017 verkoop is, met sowat 15 392 deeltiteleenhede wat gedurende dieselfde tydperk van die hand gesit is.