Vrees bestaan in die regerende ANC-faksie in die Vrystaat dat die party die nasionale verkiesing volgende jaar kan verloor as hy nie ’n 50%-meerderheidstem oor sy verdeeldheid kry nie. Die groei van die EFF in die Vrystaat bekommer partylede ook.
Dit het duidelik geblyk op die derde probeerslag om die agtste Vrystaatse provinsiale verkiesingskonferensie die naweek in Bloemfontein by Ilanga Estate te hou, waar sprekers vir eenheid binne die party gepleit het en gevra het dat “faksionalisme gestaak moet word”.
Zuma-liedjies is ook op die konferensie gesing.