’n Vrou wat glo so hardhandig deur polisielede behandel is dat sy ’n noodoperasie moes ondergaan, dagvaar die minister van polisie vir byna R160 000.
Annemarie Eksteen (57) voer in hofstukke aan dat vier vrouelede van die Garsfontein-polisie in Pretoria haar in Junie 2016 aangerand, onregmatig in hegtenis geneem, kwaadwillig vervolg en van haar persoonlike besittings beskadig het.
Die polisie staan die eis teen.