’n Vrou van Bloemfontein het na bewering haar eie honde vergiftig sodat drie huurmoordenaars haar man sonder enige probleme in hul huis kon doodskiet.
Kelebogile Louisa Mokoena (51), ’n verpleegster, het Donderdag haar formele aansoek om borgtog in die Bloemfonteinse landdroshof laat vaar.
Sy staan tereg op die moord op haar man, Ntau Lucas Mokoena (51), ’n opkomende boer en taxibaas, die aand van 8 Julie in hul huis in Fichardtpark in die stad.