’n Vrou wat deur haar vriend daarvan beskuldig is dat sy die hoofrol in die moord op ’n bejaarde man van Gariepdam gespeel het, is in die rondgaande hooggeregshof in Bethulie in die Vrystaat vrygespreek.
Regter Mojalefa Rampai het Millicent Rouls (26) onskuldig bevind aan die moord op Hans van Biljon (90) van Swaelstraat, Gariepdam. Van Biljon was die oudste man op dié dorp toe hy op 11 Julie 2017 by sy huis vermoor is.
Sy het skuld op die aanklag ontken.