Die wysvinger van ’n mens se dominante hand het meestal ’n negatiewe konnotasie.
Daar is die beskuldigende wysvinger. Dit beteken: Alles is jóú skuld. Die eienaar van dié vinger is noodwendig vroom, onskuldig en altyd reg.
Daar is die magswysvinger. Ons oueres onthou die beroemde politieke wysvinger van destyds – amper soveel benut deur spotprenttekenaars as Donald Trump se kuif. Dit beteken: Die eienaar meen hy het alle beheer, alle mag, die volste reg.