Die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies (IAAF) het Woensdag die drie vroue- en mansfinaliste aangekondig wat sal meeding om die titel Atleet van die Jaar.
Wayde van Niekerk is saam met Jamaika se Usain Bolt en Engeland se Mo Farah benoem.
Die drie vrouefinaliste is Almaz Ayana (Ethiopië), Elaine Thompson (Jamaika) en Anita Wlodarczyk (Pole).