In ’n week van groot drama op Loftus Versfeld het Victor Matfield eers nee gesê vir die pos van hoofafrigter van die Bulle. Die Bulle het toe sy arm gedraai om sy besluit te heroorweeg en Matfield sal nou óf môre óf vroeg in die week sy finale antwoord aan die Bulle gee.
Willem Strauss en Alfons Meyer, onderskeidelik president van die Blou Bulle Rugbyunie en uitvoerende hoof van die Blou Bulle Maatskappy, het Matfield oorreed om weer te besin oor sy nee vir die pos.
Rapport verneem Matfield se skielike ommeswaai oor sy beskikbaarheid vir die pos van hoofafrigter in John Mitchell se plek, het te make met familiesake en die langtermyn-sekuriteit wat SuperSport hom bied as spesialiskommentator.