Die agtjarige meisie wat haar hemp voor haar hele gr. 2-klas moes uittrek, gaan nou na ’n ander skool en lesers het aangebied om haar skoolgeld en -klere te betaal.
Sophia Welz, werkgewer van die dogtertjie se ma, sê vier mense het hulp aangebied nadat Netwerk24 oor die voorval berig het.
“Ons het drie skole geïdentifiseer waarheen sy moontlik kan gaan. Ons moet nog net die finale koste van elkeen evalueer, asook die volhoubaarheid daarvan.”