ZZ2, Suid-Afrika se grootste tamatie- en avokadoboerdery, het met ’n projek begin om een van die land se seldsaamste en mees bedreigde aalwynspesies te bewaar.
Wiam Haddad, ’n plantekoloog van ZZ2, het onlangs tussen Haenertsburg en Houtbosdorp op drie klein bevolkings Aloe lettyae afgekom.
Volgens die rooidatalys van die SA Nasionale Biodiversiteitsinstituut (Sanbi) kom dié bedreigde aalwyn net in grasvelde bo 1 000 m bo seespieël voor.