Engela Myburgh (79) van Witpoortjie, Roodepoort, kon nie ophou huil toe sy Woensdag die laaste episode van Days of Our Lives op SABC3 gekyk het nie.
Sy sukkel steeds om afskeid te neem, soos talle ander sepieverslaafdes wat elke weeksdag om 17:00 gesit en wag het vir Stefano, Marlena, Sami, Hope en Bo om hul lewens op te kikker.
Engela het elke dag 16:00 gaan bad en haar pajamas gaan aantrek sodat sy presies om 17:00 slaggereed in die bed kon lê sonder om ’n oomblik van Days te mis.