Die Westelike Provinsie het die grootste spelersbegroting van enige Suid-Afrikaanse rugbyfranchise.
Die unie het verlede jaar sowat R78 miljoen op 128 gekontrakteerde spelers se salarisse bestee.
Die duurste speler was egter ’n Haai – die stut Beast Mtawarira, wat R3 744 796 met sy Superkontrak verdien het.