“Ons wil net help. Dit is al.”
Corné Krige, voormalige Springbok-kaptein, het bevestig daar is ’n groep oudspelers van die Westelike Provinsie wat moue wil oprol om die krisis by dié unie te help oplos.
Die oudspelers het glo besluit om – onder Krige se leiding – toe te sien dat die Kaapse rugbybase besluite in die beste belang van die unie neem.