Elzabé Zietsman is vandeesweek terug op die planke met haar gewilde solostuk Dis koue kos, skat.
Zietsman vertolk die rol van die briefskrywer Clara Brand van Donderdag tot Sondag in die Popart-teater in Maboneng, Johannesburg.
Dié stuk is gegrond op Marita van der Vyver se gelyknamige roman wat in 2010 verskyn het. Dit is ’n briefroman wat oor tien jaar afspeel met Clara wat wil wraak neem nadat haar man haar vir ’n (jonger) vriendin gelos het.