Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ben en Bez
Beáta Bena-Green word ‘SA Bond-meisie’ in Ben & Bez

Die aktrise Beáta Bena-Green, wat ’n Bond-meisie vertolk in Netwerk24 se sketskomediereeks, Ben & Bez, het gevoel asof sy op die stel van ’n regte James Bond-rolprent staan.

Sy is genader om in een van die 12 sketse uit die pen van Bennie Fourie en Schalk Bezuidenhout, 'Bond en die valet', te verskyn. Dié episode is vanaf Donderdag 4 Februarie te sien. 

Beáta Bena-Green is te sien in die skets “Bond en die valet” in Ben & Bez, Netwerk24 se sketskomediereeks. Foto: Petri Schoeman

“Dit was soos ’n out of body experience – dis iets wat ek nog nooit gedoen het nie.”

Scharl van der Merwe van Nagvlug Films is die vervaardiger van dié reeks, wat die formaat van internasionale sketskomedies soos Key & Peele, Fry & Laurie en Monty Python’s Flying Circus volg.

Bena-Green, wat deesdae as Shady in die SABC 2-sepie 7de Laan te sien is, het nadat sy haar werk vir die dag klaar gemaak het in haar motor geklim toe haar selfoon lui.

“Dit was iemand van die produksiespan. Een van my medespelers het my aanbeveel. Ek het nog nie vantevore in die genre gewerk nie, maar ek sal dit beslis weer doen. Daar was natuurlik ’n paar takes, soos dit op ’n stel gaan, maar alles het glad verloop.

“Dit was so ’n verwelkomende omgewing. Ek dink alle akteurswerk wat ek al gedoen het, het my op ’n manier hierop voorberei.”

Schalk Bezuidenhout en Beáta Bena-Green Foto: Petri Schoeman

Dit was haar eerste ontmoeting met Fourie en Bezuidenhout.

In die skets stamp James Bond en ’n motorversorger koppe, en dis ’n “tydbom wat wag om te ontplof”.

Sy sien baie daarna uit om die finale produk te sien.

“Ek is selfs meer opgewonde om van die ander sketse te sien. Ek hou van dié genre.”

Sy was tot onlangs in die kykNET &kie-telenovelle Arendsvlei te sien, haar eerste werk as professionele aktrise.

Hoewel sy elke rol – soos die een in die internasionale Fox-reeks Deep State – met geesdrif aanpak, het sy nie reeds as kleuter gedink sy wil dit haar loopbaan maak nie.

Bena-Green het in die Paarl grootgeword, maar later in Gordonsbaai gewoon.

Sy was ongeveer 12 jaar oud toe sy na die Disney-kanaal begin kyk het en agtergekom hoe baie kinders toneelspeel.

* KYK WEER: EPISODE 1 - 'GROOT RUGBY'

Beáta Bena-Green het met haar rol in Ben & Bez die eerste keer in ’n sketskomedie verskyn. Foto: Petri Schoeman

“Ek was ’n besondere skaam kind, nie baie uitgesproke nie. Maar deur na die Disney-kanaal te kyk, het my perspektief verander. Ek het al hoe meer daarin belang gestel. Ek het selfs vir my ouers gevra indien ek vir ’n oudisie gaan, hulle bereid sou wees om na Los Angeles (in Amerika) te verhuis? Ek het sommer proaktief geword.”

Sy het drama aan die Universiteit Stellenbosch gestudeer.

“Maar die tegniese sy daarvan – alles behalwe toneelspel. Toe kry ek die geleentheid om in Arendsvlei te verskyn. En ek glo alles wat ek tot nou toe gedoen het, was waardevolle ondervinding wat my iets omtrent die bedryf geleer het.”

Intussen geniet sy haar tyd op die stel van 7de Laan.

Verlede jaar was ’n besige jaar vir haar.

Sy ook aan die Mej. SA-kompetisie deelgeneem. Sy is in 2013 as “Born Free Generation Miss South Africa Teen” gekroon.

Tamaryn Green, Mej. SA 2018, is haar niggie.

“Te midde van die Covid-19-pandemie hou ek deurgaans dit in gedagte hoe bevoorreg ek is om ’n werk te hê,” sê Bena-Green.

“Ek is baie dankbaar daaroor. Dis vir almal ’n emosionele, stresvolle tyd. Daar is soveel uitdagings en mense se geestesgesondheid ly dikwels daar onder. Daarom benader ek my leefstyl holisties. Ek is dankbaar vir wat ek het.”

• Die episode “Bond en die valet” is Donderdag 4 Februarie die eerste keer te sien.

• Daar is elke Dinsdag en Donderdag nuwe episodes van Ben & Bez . Daar is 12 episodes om na uit te sien asook ’n omnibus vir die fuifkykers.

Teken in op Netwerk24 teen R99 per maand om nie net Ben & Bez te kyk nie, maar om ook toegang tot jou gunsteling- Afrikaanse koerante, streekskoerante en tydskrifte te kry, asook luisterboeke, luisterdramas, podsendings, ons vorige blitssepies en meer.

Kontak die dienssentrum indien jy sukkel. Stuur ’n e-pos na diens@netwerk24.com of bel 087 353 1300.

Meer oor:  Netwerk24  |  Ben & Bez
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.