Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ben en Bez
Ben & Bez: Frank Opperman ‘leer by jong mense’

Die bekroonde akteur en musikant Frank Opperman “was al ’n paar keer ’n onderwyser in sy lewe (as akteur),” en onlangs wéér in Netwerk24 se sketskomedie Ben & Bez.

Opperman verskyn in die heel eerste episode van dié reeks deur akteurs Bennie Fourie en Schalk Bezuidenhout wat Dinsdag 2 Februarie op Netwerk24 begin. Hy vertolk die rol van ’n rugbyafrigter by ’n skool.

Die sketse uit die pen van Fourie en Bezuidenhout volg die formaat van internasionale sketskomedies soos Key & Peele, Fry & Laurie en Monty Python’s Flying Circus.

“Dit is beslis ’n ander aanslag op komedie,” sê Opperman. “Ek ken vir Schalk en Bennie goed en dit is hulle styl. Dit was baie aangenaam om saam met hulle te werk.”

Frank Opperman in sy rol as mnr. Louw, ’n skoolrugbyafrigter. Foto: Petri Schoeman

Opperman sê: “ ’n Mens leer by die jong mense. Hulle het lekker nuwe idees en ek sien uit om te sien hoe ver hulle dit kan druk.”

Ben & Bez bestaan uit 12 sketse en elke episode beeld situasies uit wat “mense maar alte goed ken” met ’n humoristiese kinkel. Vandaar Opperman se rol as ’n rugbyafrigter wat by ouers moet hoor hoe swak sy span speel.

Hy sê die rol wat hy gespeel het in Ben & Bez is soortgelyk aan dié wat hy vertolk in die produksie Steeds Donkie, ’n opvolg op die trefferproduksie Donkie.

Steeds Donkie is ’n eenmanvertoning geskryf deur die gewilde skrywer Dana Snyman. Hierin is Opperman die skoolhoof van Hoërskool Hans Oosthuizen, “Donkie”. Dié stuk raak die onderwerp van Covid-19 aan en kwessies soos Black Lives Matter.

“Ons kan ongelukkig nie nou meer daarmee toer soos gewoonlik nie,” sê Opperman. “Gewoonlik toer ek so twee jaar die land vol met so ’n toneelstuk. Nou sit en wag ’n ou maar vir die terugkeer van live shows.”

Opperman speel teenoor Schalk Bezuidenhout en Bennie Fourie. Foto: Petri Schoeman
Frank Opperman in die skets, 'Groot rugby'.
Frank Opperman in die skets, 'Groot rugby'. (Foto: Petri Schoeman)

Hy sê die pandemie het ’n reuse-impak op die bedryf en hy is “een van 100 akteurs wat sit en wag”. Hy sê in sy lang loopbaan het hy al stil tye of droogtes gehad, maar nie naastenby op die skaal wat die pandemie meegebring het nie.

Ben & Bez is van 2 Februarie op Netwerk24 te sien.

Ander akteurs soos Brümilda van Rensburg, Ben Kruger, Simoné Pretorius, Beer Adriaanse, Mila Guy, Bouwer Bosch, Elani Dekker en Beáta Bena-Green sal ook daarin te sien wees.

• Ben & Bez begin op Dinsdag 2 Februarie met nuwe episodes elke Dinsdag en Donderdag. Daar is 12 episodes om na uit te sien asook ’n omnibus vir die fuifkykers.

• Die eerste episode is gratis, maar die volle reeks is slegs vir intekenare beskikbaar.

Teken in op Netwerk24 teen R99 per maand om nie net Ben & Bez te kyk nie, maar om ook toegang tot jou gunsteling- Afrikaanse koerante, streekskoerante en tydskrifte te kry, asook luisterboeke, luisterdramas, podsendings, ons vorige blitssepies en meer.

Kontak die dienssentrum indien jy sukkel. Stuur ’n e-pos na diens@netwerk24.com of bel 087 353 1300.


Meer oor:  Frank Opperman  |  Ben & Bez
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.