Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ben en Bez
‘Ben & Bez’: Só is Schalk in ’n vrou verander

Van prostetiese neuse tot die proses om ’n man as ’n vrou te vermom – die grimeerkunstenaar Nicola Roodt het alle truuks uitgehaal vir die produksie van die nuwe Netwerk24-sketskomedie, Ben & Bez.

Roodt, van Pretoria, het ’n meestersgraad in filmprostese en het juis dié opleiding gebruik om die akteurs Bennie Fourie en Schalk Bezuidenhout se voorkoms vir hul verskillende rolle in die reeks te verander.

Hulle is albei in elke episode, maar die episodes volg nie chronologies of tematies op mekaar nie.

“Ons het byvoorbeeld in een van die episodes vir Schalk in ’n vrou omskep,” sê sy.  (Kyk uit vir dié episode vanaf Dinsdag 2 Maart)

“Ek het dit gedoen deur eerstens vir hom ’n pruik op te sit met ’n kuif, want ’n man se voorkop is gewoonlik platter as ’n vrou s’n en die kuif help ook om die wenkbroue te versag.

“Hy het ook nogal ’n blou baard, so ek moes dit met grimering wegsteek. Dan het ek sy gelaatstrekke met grimering probeer versag om dit ‘vrouliker’ te maak. Ek het dit aangepak asof ek ’n vrou met ’n peculiar voorkoms wil mooimaak.”

Nicola Roodt doen Schalk Bezuidenhout se grimering vir die episode waar hy ’n vrou vertolk. Foto: Petri Schoeman
Schalk word in 'n vrou omskep.
Schalk word in 'n vrou omskep.
Lize oftewel Schalk!
Lize oftewel Schalk!

Fourie het in een van die episodes ’n prostetiese neus op omdat hy die karakter van ’n ouer Voortrekkerman vertolk.

“Ek het ’n afdruk van sy neus gemaak en daarmee vir hom die nuwe neus geskep. Dit was om hom ’n voorkoms te gee soos dié van byvoorbeeld Paul Kruger.”

Nicola Roodt besig met Bennie Fourie se vals baard. Hy het hier reeds sy vals neus op. Foto: Petri Schoeman

Ben & Bez bestaan uit 12 sketse uit die pen van Fourie en Bezuidenhout. Elke episode beeld situasies uit wat “mense maar alte goed ken”, maar met ’n humoristiese kinkel.

Akteurs soos Frank Opperman, Brümilda van Rensburg, Ben Kruger, Simoné Pretorius, Beer Adriaanse, Mila Guy, Bouwer Bosch, Elani Dekker en Beáta Bena-Green sluit by hulle aan.

Die tekste is kort, enigiets van twee tot ses bladsye.

* KYK! Ben & Bez, die omnibus

Roodt sê van die lekkerste karakters wat sy geskep het, is Fourie en Bezuidenhout as ’n tweeling.

“Ek het dit so geniet om met hulle te sit en gesels terwyl ons daaraan werk, om te hoor hoe hulle die karakters interpreteer en hoe ek daartoe kan bydra.”

Nicola Roodt sit vir die akteur Bennie Fourie ’n baard aan. Foto: Petri Schoeman

Vir haar was tyd ’n groot uitdaging omdat hulle vir vyf dae aaneen drie episodes van die reeks op ’n dag verfilm het.

“’n Mens het dan nie drie uur om aan grimering en pruike te bestee nie. Ons het gewerk met wat ons het – van pruike tot baarde – om hul voorkoms te verander en die karakters te maak.”

Roodt sê dit was ’n groot voorreg om saam met Fourie en sy span te werk, veral omdat elke dag op stel hope pret was en daar tussen skote baie gelag is.

Sy sê dit gaan swaar in die bedryf weens die Covid-19-regulasies en sê sy voel baie bevoorreg om deel van die projek te kon wees.

• Nuwe episodes van Ben & Bez verskyn elke Dinsdag en Donderdag op Netwerk24. Daar is 12 episodes om na uit te sien, asook ’n omnibus vir fuifkykers.

• Die eerste episode is gratis, maar die volle reeks is slegs vir intekenare beskikbaar.

Teken in op Netwerk24 teen R99 per maand om nie net Ben & Bez te kyk nie, maar ook toegang tot jou gunsteling- Afrikaanse koerante, streekkoerante en tydskrifte te kry, asook ons blitssepies, luisterboeke, -dramas, podsendings en meer.

Kontak die dienssentrum indien jy sukkel. Stuur ’n e-pos na diens@netwerk24.com of skakel 087 353 1300.


Meer oor:  Grimeerkunstenaar  |  Blitskomedie  |  Ben & Bez
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.