Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ben en Bez
Elani het groot pret op stel saam met Bennie en Schalk
Elani Dekker op die stel van 'Akward Kaartjie' in Netwerk24 se sketskomediereeks, 'Ben & Bez'.

Lekker. Dié woord duik telkens op wanneer die aktrise Elani Dekker verwys na die episode in Netwerk24 se sketskomedieprogram, Ben & Bez, wat sy saam met die maltrap duo Bennie Fourie en Schalk Bezuidenhout geskiet het.

Hoewel komedie glo nie haar sterk punt is nie, het alles op die stel saam met die twee komediante vlot en baie gemaklik verloop. In die episode, Akward Kaartjie (wat van Donderdag 11 Maart eksklusief op Netwerk24 te sien is), vertolk sy die rol van ’n meisie in ’n hegte gesin wie se kêrel (Fourie) drooggemaak het.

Sy is erg bedremmeld daaroor, maar dan kom vra hy voor die hele gesin verskoning en maak reg wat hy verbrou het. Dit is egter of hy voor ’n vuurpeloton gedaag word, soos haar ouers en boet die arme drommel se kop was.

Ben & Bez
Foto: Petri Schoeman

Ben & Bez
Foto: Petri Schoeman

Die plakkaat van die rolprent ‘Toorbos’.

“Ek sal baie graag beter in komedie wil wees, want dit is nie vir my so natuurlik nie. Ek het baie respek vir mense wat dit kán doen, soos hierdie twee. Dit is vir my die mooiste vorm van toneelspel. Ek het baie op die dag by Bennie en Schalk geleer,” sê Elani.

Op stel was sy ook weer verenig met die akteur Ben Kruger, saam met wie sy (as Monique) in die televisiereeks Binnelanders te sien was.

“Saam met hom kan ’n mens net gemaklik en jouself wees, jy kan net chill.”

Dit was ook haar eerste keer op stel saam met die aktrise Brümilda van Rensburg, wat haar ma speel. “Dit was gewoon awesome. ’n Mens kan regtig so baie leer by hulle.”

Dekker was pas te sien as Karolina Kapp in die hoofrol in die hoog aangeprese Toorbos, vanjaar Suid-Afrika se inskrywing in die Oscar-wedstryd. Die prent het ongelukkig nie die kortlys gehaal nie.

Sy het haar debuut net meer as vyf jaar gelede in die prent Jou Romeo gemaak. Sy was ook in die romantiese prent Liewe Lisa te sien, asook Vaselinetjie en Vergeet my nie. Sy werk tans aan verskeie projekte in die Engelse bedryf wat nog geheim gehou moet word.

*  Nuwe episodes van Ben & Bez wys elke Dinsdag en Donderdag op Netwerk24.

* Daar is 12 episodes om na uit te sien, asook ’n omnibus vir fuifkykers.

Teken in op Netwerk24 teen R99 per maand om nie net Ben & Bez te kyk nie, maar om ook toegang tot jou gunsteling- Afrikaanse koerante, streekkoerante en tydskrifte te kry, asook ons vorige blitssepies, luisterboeke, -dramas, podsendings, en meer. Kontak die dienssentrum indien jy sukkel. Stuur ’n e-pos na diens@netwerk24.com of skakel 087 353 1300.



Meer oor:  Elani Dekker  |  Ben & Bez
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.