Dié 12 sketse uit die pen van Bennie Fourie en Schalk Bezuidenhout, wat ook daarin verskyn, beeld situasies uit wat mense maar al te goed ken, sê Scharl van der Merwe, vervaardiger by Nagvlug Films.
Dink aan twee pa’s wat tydens die rustyd van ’n rugbywedstryd by die afrigter kla oor die span se swak spel of ’n eerste romantiese afspraak.
“Maar ons neem dit net so ’n klein bietjie verder.”
Sommige sketse beeld wel gebeure uit wat nie aldag gebeur nie. In een van die sketse word ’n dief in sy eie huis deur ’n ander dief verras.
Hierdie sketse volg die formaat van internasionale sketskomedies soos Key & Peele, Fry & Laurie en Monty Python’s Flying Circus.
KYK DIE LOKPRENT!
“Daar is niks wat die sketse in Ben & Bez verbind nie, behalwe dat Bennie en Schalk in al 12 verskyn,” sê Van der Merwe. Ander akteurs soos Frank Opperman, Brümilda van Rensburg, Ben Kruger, Simoné Pretorius, Beer Adriaanse, Mila Guy, Bouwer Bosch, Elani Dekker en Beáta Bena-Green sluit by hulle aan.
Die tekste is kort, enigiets van twee tot ses bladsye.
“Wat lekker van aanlyn is, is dat jy nie ’n spesifieke tydsbeperking het nie, maar jy weet ook mense se aandag hou deesdae nie lank nie,” sê Fourie.

Schalk, Bennie en Mila Guy (Foto: Petri Schoeman)

Frank Opperman in die skets, 'Groot rugby'. (Foto: Petri Schoeman)

Schalk, Beer Adriaanse en Bennie in 'Vir 'n Coke!'. (Foto: Petri Schoeman)

Schalk as LIse in 'Vir 'n Coke!'. (Foto: Petri Schoeman)

Bennie en Schalk in 'Bill Gates se geheim'. (Foto: Petri Schoeman)

Vervaardiger Scharl van der Merwe van Nagvlug Films. (Foto: Petri Schoeman)

Ligte, kamera, aksie! Op die stel van Ben en Bez. (Foto: Petri Schoeman)

Bennie as Faf de Klerk (Foto: Petri Schoeman)

Bennie, Elani Dekker, Ben Kruger, Brümilda van Rensburg, Schalk en Beer Adriaanse in die skets, 'Akward' kaartjie (Foto: Petri Schoeman)

Schalk, Scharl van der Merwe, vervaardiger van Nagvlug Films, en Bennie (Foto: Petri Schoeman)
Die reeks spruit uit ’n skryfskool wat Fourie in 2018 by die Second City-improvisasieskool in Chicago in die VSA bygewoon het.
Skrywers van televisieprogramme soos Saturday Night Live het ook hier opleiding ontvang.
Die sketse is in Johannesburg en Hartbeespoort geskiet.
KLIK HIER VIR ALS OOR BEN & BEZ
ALS WAT JY MOET WEET OM TE KAN SAAMKYK
* Ben & Bez skop Dinsdag 2 Februarie af met nuwe episodes élke Dinsdag en Donderdag. Daar is 12 episodes om na uit te sien asook 'n omnibus vir die fuifkykers.
* Die eerste episode is gratis, maar die volle reeks is slegs vir intekenare beskikbaar.
Teken in op Netwerk24 teen R99 per maand om nie nét Ben & Bez te kyk nie, maar ook om toegang te kry tot jou gunsteling- Afrikaanse koerante, streekskoerante en tydskrifte asook ons vorige blitssepies, luisterboeke, -dramas, podsendings en meer.
Kontak die dienssentrum indien jy sukkel. Stuur 'n e-pos aan diens@netwerk24.com of skakel 087 353 1300.