Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Die Testament
DIE TESTAMENT: Alles wat jy oor NW24 se sepie moet weet
Die Testament
Die hoofkarakters van Die Testament: Andahr Cotton as Jacques, Ismail-Essop as Sandra, Nico Panagio as Bastian en Rolanda Marais as Annchen.

Netwerk24 se aanlyn blitssepie, Die Testament, begin komende Maandag, 2 September. Skakel elke weeksdag in om 'n 5 minute-episode te kyk.

Hier is alles wat jy oor die eerste Afrikaanse aanlyn blitssepie moet weet:

Hoe werk 'n aanlyn blitssepie?

Die Testament is ’n aanlyn blitssepie wat deur Via en Netwerk24 vervaardig word en op Netwerk24 uitgesaai gaan word. Netwerk24-intekenare kan elke weeksdag na ’n 5-minute-episode van Die Testament op Netwerk24 kyk. Die eerste episode sal op 2 September beskikbaar wees.

Maak seker jy is 'n intekenaar om al die drama van die Weyers-gesin te volg!

Klik hier om in te teken vir net R99 per maand. Op die koop toe kry jy nie net toegang tot nuus in Afrikaans nie, maar ook tot jou gunsteling- Afrikaanse tydskrifte en koerante.

Wat as ek 'n episode gemis het?

Ons gaan elke weeksdag een episode om 08:00 in die oggend vrystel op Netwerk24.

Maar moenie bekommer as jy dit nie dadelik kan kyk nie! Al die episodes gaan vir 'n onbeperkte tyd op Netwerk24 wees. As jy dus 'n episode gemis het, kan jy maklik later die dag, die volgende dag of oor die naweek opvang.

Waaroor gaan Die Testament?

Die Testament is ’n storie oor familie. Oor nalatenskap. Oor opbou en afbreek. Dit vertel ’n storie van geheime en leuens. Die storie van hoe die sondes van die vaders hul kinders besoek en stel die vraag of bloed werklik kruip waar dit nie kan loop nie.

Die reeks speel af in die weelderige wêreld van Kaapstad se vooraanstaande sosiale kringe. Sebastian Weyers, selfgemaakte sakeman en konstruksiemagnaat, het ’n familietuiste op ’n luukse landgoed aan die hang van Tafelberg gebou.

LEES OOK: Ontmoet die Amerikaanse skrywer van ons sepie

Hy het drie volwasse kinders, Annchen, Bastian en die laatlam, Jacques. Hulle ervaar hul pa as ’n soort tiran en nie as die charismatiese en vrygewige man wat die res van die wêreld ken nie.

Wanneer Sebastian senior onverwags sterf en die inhoud van sy testament bekend gemaak word, dompel dit almal se wêreld in chaos. Die erfgename sukkel om die skoknuus te verwerk, wat die familie dwing om uiteindelik hul probleme te erken wat hulle al soveel jare vermy. In die proses kan hulle mekaar egter dalk net uitroei.

Kyk na die voorskou:

Wie speel in Die Testament?

Nico Panagio speel die rol van die “volmaakte seun” Bastian. Hy is tans as Survivor SA se aanbieder te sien om M-Net. Teenoor hom speel Rolanda Marais die rol van Annchen, die sussie wat die gesin bymekaar probeer hou.

Die jong opkomende akteur, Andahr Cotton, speel die rol van die laatlamboetie en musikant, terwyl Amrain Ismail-Essop die rol van Sandra Maritz vertolk, die afgestowe patriarg se lewensmaat van die afgelope vyf jaar. Sandra Prinsloo maak ’n paar verskynings in die rol van die loan shark, Natasja Ludick.

Wie is die karakters?

Bastian Weyers gespeel deur Nico Panagio

Nico Panagio as Bastian Weyers.
Nico Panagio as Bastian Weyers.

Bastian Weyers (38) is “die perfekte seun”. Hy is lank en aantreklik, met ’n baie mooi lyf. Hy is ’n pa en ’n eggenoot en lyk van buite soos die perfekte man. Nico Panagio as Bastian Weyers. Hy is die hoof uitvoerende beampte van ’n tamaai familiemaatskappy, maar is nie bevoeg om dit te bestuur nie.

LEES OOK: 'n Kykie agter die skerms

Dan het hy ook ’n donker kant en word gedryf deur ’n diep behoefte om ’n eie, onafhanklike identiteit te hê wat nie afhang van sy pa, Sebastian Weyers, se goedkeuring nie. Hy probeer sy onbevoegdheid verdoesel met skelm onderhandelinge en dink dat hy dinge só sal kan regmaak.

Hy is geneig om middels te misbruik, veral alkohol. Sy vrou, met hulle jong kinders, het hom onlangs verlaat met die ultimatum dat hy sy duiwels moet takel, anders los sy hom vir altyd. Sy lewe begin ontrafel soos die waarheid duidelik begin raak ná sy pa se dood.

Annchen Weyers gespeel deur Rolanda Marais

Rolanda Marais as Annchen Weyers in Die Testament.
Rolanda Marais as Annchen Weyers in Die Testament.

Annchen Weyers is die “vredemaker” van die Weyers-gesin. Sy is ’n sterk, bekwame vrou wat as die vredemaker gesien word – ’n rol wat vir haar ’n swaar emosionele las is. Sy werk as hoofargitek vir ’n tamaai maatskappy. Sy het vir haar gesin (haar pa, Sebastian, haar ouer broer, Bastian, en jongste broer, Jacques) begin sorg ná haar ma se dood tydens Jacques se geboorte. Dit is ’n rol waarin sy goed is en dit maak haar bang.

LEES OOK: Rolanda Marais oor haar nuwe karakter

LEES OOK: Rolanda ‘begin verbrokkel’

Annchen het haar gesinshuis (en provinsie) verlaat die oomblik toe sy klaar is met skool sodat sy kon vry wees van al die verantwoordelikhede en so ver as moontlik van haar gesin kon wees. Sy bly al vir die laaste tien jaar alleen en het vir haarself ’n suksesvolle en gelukkige lewe gebou. Ná haar pa se dood bevind sy haarself midde-in ’n boedel-drama tussen haar twee broers en haar pa se eksmeisie. Teësinnig tree sy tussenbeide, ook om te help met die maatskappy wat vinnig op bankrotskap afstuur.

Jacques Weyers gespeel deur Andahr Cotton

Andahr Cotton as Jacques Weyers.
Andahr Cotton as Jacques Weyers.

Jacques Weyers (23) is die rebel van die Weyers-gesin. Hy is jonk en kwaad en is nooit werklik deur die gesin aanvaar nie, omdat sy ma dood is tydens sy geboorte. Die jong opkomende akteur Andahr Cotton vertolk die rol van Jacques Weyers in Netwerk24 se sepie Die Testament. Die enigste mens vir wie hy lief is, is Annchen wat haar bes probeer het om ’n soort ma-figuur vir hom te wees, al was sy self maar net ’n tiener.

Jacques is ’n vrygees. Hy bly steeds in die huis nadat hy twee keer opgeskop het en jaag nou sy droom na om ’n musikant te word terwyl hy deur die familiebesigheid se bemarking- en kommunikasie-departement betaal word (alhoewel hy nie veel doen nie).

LEES OOK: Ontmoet Andahr Cotton

Hy is aantreklik, maar opstandig teen enige vorm van outoriteit en gee daarom nie om hoe hy aantrek nie en kan aspris uitlokkend wees. Dit voel of sy pa se dood sy kans is om werklik weg te breek uit hierdie gemaksone. Jacques wil niks anders behalwe sy (kontant)erfporsie kry nie en wil daarna so ver as moontlik wegkom van sy gesin.

Hy is haatdraend teenoor sy suster (omdat sy hom gelos het), teenoor sy broer (omdat hy te voorbeeldig is) en teenoor sy pa wat nooit in hom geglo het nie. Maar aan die einde het hy sy familie baie nodiger as wat hy besef.

Sandra Maritz gespeel deur Amrain Ismail-Essop

Amrain Ismail-Essop as Sandra Maritz.
Amrain Ismail-Essop as Sandra Maritz.

Sandra Maritz (42) is een van sewe kinders en het sonder ’n pa grootgeword. Amrain Ismail-Essop as Sandra Maritz. Sy het vyf jaar gelede met Sebastian Weyers betrokke geraak. Dié verhouding was ’n mengsel van liefde en geleentheid. Hulle was goed vir mekaar, maar het ook baie mooi geweet waar hulle met mekaar staan.

LEES OOK: 10 vrae aan Amrain Ismail-Essop

Sandra het ’n suksesvolle deeltydse dekorbesigheid, maar het by die huis gebly nadat sy saam met Sebastian ingetrek het. Hulle is nooit amptelik getroud nie, wil dit dalk in die toekoms doen.

Sandra is verskriklik mooi en sy weet hoe om dit te gebruik met mans én vrouens.

Lees alles oor Die Testament hier.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.