Twaalf weke en baie drama later, is dit vandeesweek die laaste week van Netwerk24 se eerste aanlyn blitssepie, Die Testament.
En sit solank jou gordel aan, want hierdie week gaan die hare waai: Daar kom nóg aksie, nóg trane en nog meer onthullings.
Boonop is al die episodes vandeesweek langer as die gebruiklike vyf minute.
Die laaste week skop af met Bastian wat uiteindelik weer vir Lize en die seuns sien, maar sy kop bly steeds by die geld wat hy vir Natasja skuld. Intussen het Natasja ander planne om haar geld uit Annchen te kry.
Kyk hier na die voorprent van die laaste week van Die Testament:
Het jy die vorige episodes van Die Testament misgeloop?
Al die episodes gaan tot lank ná die blitssepie klaar is, op Netwerk24 beskikbaar wees om te fuifkyk. Hulle wag daar vir jou!
Klik hier om die episodes te kyk.
Klik hier om die omnibus te kyk.