Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Duiwelspoort
Duiwelspoort: Droom word waar vir Devonecia
Duiwelspoort
Cantona James (ET) en Devonecia Swartz (Melody).

Dit was ’n droom wat waar geword het om teenoor June von Merch te speel, sê die jong aktrise Devonecia Swartz.

“Ek onthou nog hoe ek as kind ná aandete na aunty June (von Merch) gekyk het. Ek was ’n groot fan girl op stel en kon nie glo dat ek die skerm met een van my helde kon deel nie!”

Devonecia vertolk die rol van Melody Meyer in Netwerk24 se splinternuwe blitsreeks, Duiwelspoort.

Duiwelspoort
Devonecia Swartz vertolk die rol van Melody in Duiwelspoort.

Intekenare van Netwerk24 kan elke weeksdag na ’n episode van vyf minute kyk.

Nie nét kon Devonecia teenoor “die beste akteurs in die besigheid” speel nie, maar sy kon ook die skerm met een van haar beste vriende deel.

Devonecia (Melody) speel teenoor die jong opkomende akteur Cantona James (ET). Melody is die hardwerkende en ambisieuse jong prokureur en ET is ’n IT-bleeksiel en een van Melody se beste vriende. Cantona is veral bekend vir sy spel in kykNET se Arendsvlei.

“Melody herinner my so klein bietjie aan myself. Sy is ongelooflik lojaal, sy staan vir die waarheid en reg en geregtigheid. Sy herinner my aan al die sterk vroue om my. She’s kick-ass, man, she’s kick-ass.”

Melody is die eerste karakter wat Devonecia voor die kamera vertolk. Sy het voorheen meestal teaterwerk gedoen.

“Dit was moeilik om aan te pas, maar dit was ’n fantastiese eerste ervaring. My gunsteling-tyd op stel lê in die menslikheid en die sagtheid tussen die akteurs en die span. Die flashy oomblikke se opwinding duur nie baie lank nie. Daar is iets baie spesiaal in die sagte hand op jou skouer om seker te maak als is oukei.”

Duiwelspoort is ’n reis van ontdekking en intrige, meen Devonecia.

“Die kykers kan uitsien na dinge wat nie altyd is soos dit voorkom nie.”

Duiwelspoort
Wynand Ferreira (Chris), Cantona James (ET) en Devonecia Swartz (Melody) tydens die verfilming van Duiwelspoort.

Waaroor gaan Duiwelspoort?

Duiwelspoort is ’n gesinsdrama waarin een gesin se geheime blootgelê word. Ontmoet Antoinette Aucamp (Jana Kruger) van die plaas DeWaalspoort. Mans wil haar hê. Vroue wil soos sy wees. Selfs haar eie kinders, Alexia (Lea Vivier) en De Waal (Pascual Wakefield), word soms deur die glans van Antoinette se boere-adel verblind.

Op die oog af lyk hulle na ’n hegte gesin, saamgesnoer deur die tragiese dood van Ludwig (Jaco Spies), eggenoot en pa, sowat 25 jaar gelede. Wanneer ’n fratsongeluk egter onthul dat daar meer agter Ludwig se dood skuil as wat sy kinders gedink het, begin die krake in dié gesin wys.

KYK DIE LOKPRENT VAN DUIWELSPOORT:

Hoe werk ’n aanlyn blitsreeks?

Ons reik elke weeksdag een episode om 08:00 op Netwerk24 uit. Moenie bekommerd wees as jy dit nie dadelik kan kyk nie, want al die episodes sal vir ’n onbeperkte tyd op Netwerk24 wees. As jy dus ’n episode misloop, kan jy maklik later die dag, die volgende dag of oor die naweek opvang. Aan die einde van die reeks kan jy ook al 45 episodes in die omnibus fuifkyk.

KLIK HIER OM DIE EERSTE EPISODE TE KYK.

Meer oor:  Duiwelspoort
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.