Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Duiwelspoort
Duiwelspoort: 'Ek loop al 'n dekade rond met dié idee'

Agter die skerms op die stel van Duiwelspoort.
Agter die skerms op die stel van Duiwelspoort.

Hy loop al vir ’n dekade met dié storie in sy kop.

“En daar het voortdurend nuwe kinkels bygekom,” vertel Handrie Basson, skrywer en vervaardiger van Duiwelspoort.

Intekenare kan Maandag 14 September na die eerste episode van Netwerk24 se nuwe blitsreeks kyk.

LEES OOK: Nuwe blitsreeks, Duiwelspoort, eersdaags op NW24

Die inspirasie vir die reeks kom al van sy kinderdae saam met Handrie, uitvoerende vervaardiger en stigterslid van die produksiehuis Afrokaans, veral bekend vir hul vervaardiging van die Survivor SA-reeks.

Handrie Basson.
Handrie Basson.

“Ek het op ’n plaas naby ’n kleinerige dorpie buite Kaapstad grootgeword, en hoewel Duiwelspoort se storielyne en karakters totaal fiktief is, het ek dit vanuit ’n bekende beleweniswêreld geskryf.”

Handrie haal die bekende gesegde “skryf wat jy ken” aan. Baie van sy inspirasie kom ook van die nuus en selfs sosiale media: “Jy sal verbaas wees hoeveel idees ’n mens daaruit kry. Werklike gebeure is inderdaad soms vreemder as fiksie.”

Om elke vyfminuut-episode op ’n hoogtepunt te laat eindig én die kyker se aandag te hou, “is nogal ’n gedoente, hoor!” skerts Handrie. “Ek dink Duiwelspoort se storie het mooi in hierdie formaat gepas, want daar is gedurig vrae wat opduik in ware whodunnit-styl.”

Die formaat van die reeks is ’n spoedige een: Baie word in ’n kort tyd ingepak.

“Die woord blits in blitsreeks is beslis gepas! Ek het vinnig geskryf, ons het vinnig verfilm en die náproduksieproses is ewe snel.

“Elke emosie is gevoelvol en belangrik, maar jy kan nie vir te lank daaroor tob nie.

Ek het op ’n plaas naby ’n kleinerige dorpie buite Kaapstad grootgeword, en hoewel Duiwelspoort se storielyne en karakters totaal fiktief is, het ek dit vanuit ’n bekende beleweniswêreld geskryf.

“Ek was baie opgewonde om te sien hoe entoesiasties die akteurs was om by die projek betrokke te raak: Elke karakter het spesifieke nuanses en dit was heerlik om te sien hoe dié talentvolle akteurs in die karakters se skoene klim.”

Stories is dalk nou nodiger as ooit tevore, meen hy.

LEES OOK: Ouma Elsabé spring in wyl Roeline Daneel werk aan ‘Duiwelspoort’

“Ons het ontvlugting nodig van die harde werklikheid en ons daaglikse stryd om oorlewing wat jou gou moedeloos kan laat voel. Stories gee ons net daardie nodige pouse om weer te kan voortgaan.”

Waaroor gaan ‘Duiwelspoort’?

Duiwelspoort is ’n drama waarin ’n gesin se geheime blootgelê word.

Ontmoet vir Antoinette Aucamp (Jana Kruger) van die plaas DeWaalspoort. Mans wil haar hê. Vroue wil soos sy wees. Selfs haar eie kinders, Alexia (Lea Vivier) en De Waal (Pascual Wakefield), word soms deur die glans van Antoinette se boere-adel verblind.

LEES OOK: Duiwelspoort op prentjiemooi landgoed verfilm

Op die oog af lyk hulle na ’n hegte gesin, saamgesnoer deur die tragiese dood van Ludwig (Jaco Spies), eggenoot en pa, sowat 25 jaar gelede. Wanneer ’n fratsongeluk egter onthul dat daar meer agter Ludwig se dood skuil as wat sy kinders gedink het, begin die krake in die gesin se fasade wys.

KYK NA DIE LOKPRENT VAN DUIWELSPOORT:

Hoe werk ’n aanlyn blitsreeks?

Ons reik elke weekdag een episode om 08:00 op Netwerk24 uit.

Moenie bekommerd wees as jy dit nie dadelik kan kyk nie, want al die episodes sal vir ’n onbepaalde tyd op Netwerk24 wees. As jy dus ’n episode misloop, kan jy maklik later die dag, die volgende dag of oor die naweek opvang. Aan die einde van die reeks kan jy ook al 45 episodes in die omnibus fuifkyk.

Meer oor:  Duiwelspoort
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.