Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Duiwelspoort
Duiwelspoort: Laudo is dankbaar om weer te kan skep
Laudo Liebenberg as Rocky.
Laudo Liebenberg as Rocky.

Hy is dankbaar om weer te kan skep.

“Die dankbaarheid van die kunstenaars en die produksiespan het vir my uitgestaan met die verfilming van Duiwelspoort,” vertel Laudo Liebenberg wat die rol van Rocky in Netwerk24 se nuwe blitsreeks vertolk.

Dié reeks is tydens vlak 3 van die inperking verfilm. Die eerste episode kan Maandag 14 September op Netwerk24 gekyk word.

“Die nuwe normaal op stel was vir niemand gemaklik nie, maar dis besonder professioneel benader. Dis ’n baie goeie refleksie op die kunste se reaksie in moeilike tye. Dit is aardig, maar ten minste is daar ywerigheid. Mense is so dankbaar om die spasie te kan deel. Dit was wonderlik om weer teenoor mekaar te kan speel. Op stel raak ’n mens mos maar soos ’n regte familie.”

LEES OOK: Nuwe blitsreeks, Duiwelspoort, eersdaags op NW24

Laudo, bekend as die stem agter die rockgroep aKING en meer onlangs saam in Eet kreef herleef!, hou sy lyf akteur in dié familiedrama. Hy het drama studeer aan die Universiteit Stellenbosch en het voorheen rolle vertolk in onder meer Boland Moorde, Die Byl en Waterfront.

“Dis twee verskillende wêrelde, ek kan nie sonder die een of die ander leef nie. In die dramawêreld vertel jy ander mense se stories, terwyl jy meestal jou eie stories deur musiek vertel.”

Laudo Liebenberg as Rocky.
Laudo Liebenberg as Rocky.

Oor sy rol as Rocky, vertel Laudo: “Rocky is eg en net homself. Hy is nie verskriklik slim nie, maar hy weet dit nie. Hy pas nie in die wêreld van Duiwelspoort nie, maar daar kom darem ’n punt waar sy morele kompas inskop.

“Die reeks is pragtig geskiet en mooi benader en dit sal beslis mense se aandag hou in hierdie opwindende aanlyn-medium.”

Die staat van inperking het Laudo ook tyd gegee om bestek op te neem van die projekte waarby hy betrokke is.

“Baie van die projekte waarby soveel van ons betrokke is, het maar doodgeloop tydens die inperking. Ons moes nuwe maniere kry om te dink oor kuns maak.”

Sy raad aan ander kunstenaars wat swaartrek is om eg te wees aan jouself. “Trust your gut. Hy is selde verkeerd. Die belangrikste is om jou integriteit te behou. Gee jouself kans en wees geduldig. Jy sal aan die ander kant uitkom.”

LEES OOK: Jana Kruger: 'Ons moet leer om na ons liggame te luister'

Ontmoet Rocky

Rocky (Laudo Liebenberg) is ’n spiertier wat ’n lewe daarvan maak om ander te intimideer. Hoewel hy enigiets vir geld sal doen, is hy maar ongepoets en maak hy maklik foute.

Waaroor gaan Duiwelspoort?

Duiwelspoort is ’n familiedrama waarin ’n gesin se geheime blootgelê word.

Ontmoet vir Antoinette Aucamp (Jana Kruger) van die plaas DeWaalspoort. Mans wil haar hê. Vroue wil soos sy wees. Selfs haar eie kinders, Alexia (Lea Vivier) en De Waal (Pascual Wakefield), word soms deur die glans van Antoinette se boere-adel verblind.

Op die oog af lyk hulle na ’n hegte gesin, saamgesnoer deur die tragiese dood van Ludwig (Jaco Spies), eggenoot en pa, sowat 25 jaar gelede. Wanneer ’n fratsongeluk egter onthul dat daar meer agter Ludwig se dood skuil as wat sy kinders gedink het, begin die krake in dié familie wys.

KYK DIE LOKPRENT VAN DUIWELSPOORT:

Hoe werk ’n aanlyn blitsreeks?

Ons reik elke weeksdag een episode om 08:00 op Netwerk24 uit. Moenie bekommerd wees as jy dit nie dadelik kan kyk nie, want al die episodes sal vir ’n onbeperkte tyd op Netwerk24 wees. As jy dus ’n episode misloop, kan jy maklik later die dag, die volgende dag of oor die naweek opvang. Aan die einde van die reeks kan jy ook al 45 episodes in die omnibus fuifkyk.

Meer oor:  Laudo Liebenberg  |  Duiwelspoort
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.